Childhood Diseases

Question
Posted by: Bekommerde Ma | 2013/01/18

Q.

Badtyd probleme

Goeie more. My dogtertjie is nou net so oor die 13 maande. En eweskielik is bad ''n probleem. Dis asof iets haar seer maak. sy huil verskriklik wanneer ek haar in die water sit, maar dan na ''n rukkie sal sy lekker speel. Asof die water nie meer seer maak nie. Sy het nie nappy rash nie. Kan daar dalk iets anders fout wees of is di t nou net weer ''n geit dat sy nie wil bad nie?
Baie dankie!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie soort bad problem kom baie dikwels voor onder babas van hierdie ouderdom. Soos met jou baba, is babas gewoonlik baie lief om te bad en dan ewe skielik begin hulle bang te raak om te bad. In die meeste gevalle is dit die water wat van die kraan in die bad inloop wat hulle skrikkerig maak en ook wanneer die water van die bad begin uitloop. Laat die water eers in die bad inloop voordat jou baba begin bad. Daar moet redelik min water in die bad wees. Babas hou daarvan dat daar speelgoed in die bad moet wees. Dit sal ook help om 'n 'bubble bath' in die bad te gebruik want kan sy nie sien hoe diep is die water. Babas is geneig om hierdie stadium redelik gou te ontgroei.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.