advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: landie | 2008/01/04

Q.

baba wil nie uit koppie drink nie.

Hallo Dokter.

Kan u my help asseblief. My baba is amper 13 maande oud en weier om uit 'n koppie te druk. Ek het al die suig koppie al op sewe maande vir haar gegee om gewoond te raak maar sy wil nie suig nie. Ek het al 3 verskillende koppie gekoop tot 1 met 'n strooitjie maar sy wil nie suig nie. Ek weet nie hoe om haar te kry om te suig nie. Is dit belangrik vir haar om te suig of kan ek net 'n gewone bottel (soos 'n powerade) bottel vir haar gee. sy drink goed uit hulle maar dis omdat sy nie hoef te suig nie.

Sy drink nido melk 1 bottel in oggend en nog 1 net voor sy gaan slaap. Maar sy wil nogsteeds 1 nagvoeding he. soms drink sy die hele bottel ander keer net 'n bietjie. is dit okay as sy nog indie nag drink of moet ek dit stop. en hoe???

Baie Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hou aan met haar voedings soos daar is geen rede vir haas of kommer hieroor nie. Sy sal met tyd vanself uit 'n koppie begin drink maar dit is nodig om geduldig te wees en nie aanhoudend 'n koppie vir haar aan te bied nie. Gee vir haar nou net 'n bietjie blaaskans.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Landie | 2008/01/06

Hi Landie

Ek weet nie of dit sal werk nie, maar ek het my babe leer suig op die manier:. Gee vir hom 'n ceres sap uit die carton met 'n strooitjie. Sodra die strooitjie in sy mond is, druk die karton sodat die sap op beweeg deur die strooitjie tot in sy mond. Hy sal automaties begin suig.

Dit het vir my gewerk - maar as dit nie vir jou werk nie, bottels doen net skade as baba met een in sy mond aan die slaap raak.

Groete

Reply to Landie

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.