advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Jenny | 2007/08/18

Q.

Baba se ontwikkeling

Goeie dag
My seuntjie is 9mde oud en is vreeslik klein vir sy ouderdom. Hy is volgens die dokter ondergewig en 'n vitamiene stroop was voorgeskryf om sy eetlus aan te help. Maar lyk my nie dit werk nie. Ek gee 3 keer per dag vir hom pap of vaste kos, maar hy vat net so 5 happies dan wil hy nie meer nie. Boonop drink hy nou eers 120 ml blikmelk op 'n slag en somtyds drink hy nie eers alles op nie. Ek het op 4mnde ophou borsvoed. Het ook al ander melke probeer, maar sy eetlus bly swak. Boonop is hy stadig met liggaamlike ontwikkeling. Hy kan nog glad nie kruip nie en skree as ek hom op sy maag neersit. Hy kan ook nog nie homself teen goed optrek soos ander babas van sy ouderdom nie. Hy is wel dol gelukkig om in sy loopring rond te hardloop, maar ek hoor dat loopringe nie altyd goed is vir hulle ontwikkeling nie, is dit waar?Verder is hy baie gesond en 'n gelukkige baba. Moet ek regtig bekommerd wees oor sy laat ontwikkeling of sal dit regkom. Ek en my man is ook nie baie groot nie, mag dit dalk die rede wees waarom hy so klein is?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar is geen probleem met sy ontwikkeling. Hy het nog tyd om te begin kruip wat eers op 10 maande verwag word. Baie babas sal begin stap sonder om ooit te kruip nie. Hy is 'n baie gelukkige baba en ook baie gesond.Wat weeg hy nou? Sonder sy gewig kan ek nie bepaal of hy ondergewig is of nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Jenny | 2007/08/20

Hy was 2.2kg met geboorte en weeg nou so 6.2kg.

Reply to Jenny

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.