advertisement

Childhood Diseases

Question
Posted by: Nicolene | 2013/02/20

Q.

Baba rol om heeltyd

My baba is nou 5 maande oud. Sy weeg nou 6.8kg. Sy het so twee weke terug vanself begin rol van haar rug tot op haar maag. Sy het dit al hoe meer begin doen. In die aande as sy wakker word en ons gaan na haar, het ons haar op haar maag gekry en weer teruggedraai op haar rug en sy het verder geslaap. Dit het so 2-3 keer deur die nag gebeur. Die afgelope 3 aande slaap sy en ons glad nie. Sy gaan slaap so om en by half 8 en dan van so 10h-11h af moun sy en daarna word dit ''n huil. Sy rol op haar maag - haar ogies is nog toe en dan moun sy erg. Rol haar dan weer terug op haar rug en so gaan dit aan die hele nag. Ook vir die afgelope 3 dae en sy sukkel om haar oggend- en middagslapie te neem, want sy rol die heeltyd op haar maag. Sy kan nog nie vanself weer op haar rug rol nie. Sy stut op haar arms wanneer sy om haar maag rol en lig haar koppie op en bekyk alles en na ''n rukkie raak sy moeg, gefrustreerd en dan moun sy en as jy haar los, huil sy tot ons haar weer op haar rug draai. Ons en baba kry geen rus en slaap nie. Wat kan ons doen? Baie dankie Groete Nicolene

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat jou baba redelike erge refluks het. Dit is die aanhoudende sooibrand wat haar so rustelus maak. Dit is nodig om haar pediater raad te pleeg want dit sal nodig wees dat sy op Nexiam moet begin om haar maagsuur te verminder.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.