advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Sue | 2004/11/09

Q.

Baba 7 Mnde - Wat om te eet

My seuntjie is 7½ maande oud. Hy eet al vir 'n geruime tyd purity of tuisgemaakte groente. Hy weeg 10 kg, en sy groei is 100%.

Ek is nie heeltemal seker of dit wat ek vir hom gee voldoende is nie. Hy het 'n groot probleem met suur, en is tans op sy 2de kursus Losac. Hier is sy skedule:
Opstaan - 200ml Melk
± 9:00 - Purity Mielie pap met prune purity (vir hardlywigheid)
±12:30 - Tuisgemaakte groente (soms met hoender), of purity 3rd foods
±16:00 - 200ml melk
±18:00 - Purity Mielie pap
±20:00 - 200ml melk
Slaap

Hy slaap al vanaf 8 weke af deur, een raak baie selde in die nag wakker. Sy tandvleise is baie geswel, en ek dink die tandjies is baie naby. Ek het nou vir hom purity teething biscuts begin gee.
Ek lees orals van finger foods. Wat behels dit, en wat kan ek nog vir hom gee. Ek is bang vir appels, pere en enige vrugte agv sy oormatige suur. Sy suur is nou redelik onder beheer met die Losac.
Het julle enige voorstelle vir my. Ek wil hom nie laat tekort kom aan enige voedingstowwe wat jy dalk al moes ontvang het nie.

Enige raad en voorstelle sal waardeer word.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Wat u gee klink 100% voldoende. Fingerfoods behels dat 'n kind stadig vanaf die tafel begin eet ( wel fyngemaak)en ook goedjies is sy hand kry om aan te knibbel. Gewoonlik sou ons dit vanaf 9 maande sterk aanmoedig. U mag ook ons "on-line" dieetkundige vra vir raad.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Nicki | 2004/11/16

Hi

My Dogtertjie is ook 7 Maande dalk moet jy begin om grower kos vir hom te gee.

Soos byvoorbeeld:
Opstaan - Bottel
9:00 - Oats (as jy bang is daarvoor kry jy vir Kinders) of Weatbix jy kan Matabelapap en Melkpap ook dalk probeer. (saam Prune purity)
12:30 - Tuisgemaakte groente probeer om rys sag tekook en tegee, jy kan dalk 'n stukkie vleis saam jou groente kook vir die vleis smaak haal om net uit as jy jou seuntjie voer, Jy kan dalk ook al no 4 purity probeer vir meerstrukteur.
16:00 - Bottel
18:00 - Probeer dalk weer groente of vrugte en Jogurt,
20:00 - Bottel
Jy kan dalk al probeer om 'n stukkie kaas, worsie, visvinger, toastbroodjie of gewonebrootjie in sy hand tesit deur die dag en probeer ook om 'n bottel Rooibostee en watter of vrugtesap vir hom te gee, daar is van Purity Rooibostee en Vrugtesap beskikbaar as jy dit verkies my Dogtertjie is gesond en sy al saam my uit my bord uit vanaf 5 maande, sy het nou begin met scramble eiers en ons sit ook 'n stukkie vleis in haar hand.

Jy kan aangaan soos jy gemaak het maar ek dink net hoe vinneger jy hom blootstel aan 'n verskuidenhuid kosse hoebeter

Sterkte

Reply to Nicki

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.