advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Sugar | 2008/01/28

Q.

allergiee in babas

My dogtertjie is 1 jaar oud en het vanoggend opgestaan met 'n rooi, toe geswelde ogie en geel etter op die wimpers. Dis die regter-ogie en die regterneusgat het ook oor die naweek heeltyd geloop. 'n Paar maande gelede het haar ogie ook so gemaak en ons pediater het gese dis hoogs waarskynlik 'n allergie, maar dat bloedtoetse op sulke kleintjies nie altyd beduidend is nie. Sy het Zyrtec stropie voorgeskryf (wat laas vinnig gehelp het) en wat ek nou maar weer vandag begin gee het.

Wat is die moontlikhede waarvoor sy allergies kan wees wat net die een ogie en een neusgat kan beinvloed? Ons het nie diere nie. En wat behels die allergie-toetse op sulke kleintjies? Is dit die moeite werd? Hoe weet ek dis nie 'n verkoue nie?

Wat anders kan ek gee of doen, behalwe vir die Zyrtec stroop? Oogdruppels?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie swelsel van net een van haar oe word nie deur 'n allergie veroorsak nie. Dit word deur 'n infeksie of onsteking van haar oog veroorsaak. Daar is geen rede om enige allergie toetse op haar te doen nie. Dit is baie belangrik om hierdie infeksie van haar oog op die regte manier te behandel. Gaan aub terug na jou pediater en verduidelik dat jy hierdie vraag op ons Pediatriese forum gepos het.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Karin | 2008/01/28

My seun(4jr oud) het ook verskeie kos en omgewings allergiee. Kry dikwels die loop neusie ens. As dit baie erg is, kry hy ook die rooi etterige ogies. Dr se dis die sinusholtes wat ontsteek wat nie goed dreineer nie en dan veroorsaak dit 'ophoping', etter in die ogies. Ek gebruik ook Zyrtec en soms neussproei....Kry ook allergie oogdruppeltjies, maar dr sal maar moet se, want ek weet nie of jou kleintjie nog te jonk is nie. Beide my seuna's het nou erge neus en ogies...Lyk my die reen het alles vererger met die sade, gras ens....Sterkte.

Reply to Karin
Posted by: J | 2008/01/28

My baba het gedurig uitgeslaan sedert sy vaste kos begin eet het - het 11 Jan. 1 jaar oud geword. Pediater het op 9mnde allergietoetse aanbeveel waarin hulle bevind het sy is hoogs allergies vir eierwit, grondbone, koring en tartrazine. Die bloedtrekkery is 'n nagmerrie omdat dit bitter moeilik is om bloed te trek uit daardie klein aartjies en was dit bitter traumaties vir haar en vir my. Is dit nie moontlik 'n ooginfeksie nie - klink vir my so en die neusie loop natuurlik van die infeksie in die ogie want die oë, neus, keel en alles werk mos saam en as die een geiiriteerd is werk dit op die ander. Dis jou besluit maar ek sal bietjie wag met die toetse. My kind is net eenvoudig baie allergies want ons was in die hospitaal toe 'n by haar steek ook. Pediater sê dit behoort beter te gaan as sy groter is. Ek gebruik ook Zyrtec en het kortisoon en ander antihistamiene byderhand in geval van 'n erge allergiese reaksie.

Reply to J

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.