advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Lizl | 2004/01/22

Q.

Advies i.s. konstipasie

My dogtertjie is 3 weke oud en het konstipasie. Ek kon nie borsvoed van dag 1 af nie, aangesien ek geen melk gehad het, m.b.v. medikasie het ek vir omtrent 2 weke geborsvoed, nou is my melk weer weg en sy is op formule melk nl. NAN. Ek wil graag weet of dit die meng van borsmelk en formule melk is wat haar hardlywig maak of nie? Wat is die oorsaak? Ek wil nie graag medisyne gebruik om v.d. probleem ontslae te raak nie, maar het al Laxette gebruik, wat nie veel gehelp het nie. Kan u my asb. raad gee!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Konstipasie is algemeen veral met formule melk. Lactulose (bv. Laxette) is onskedelik en die best middel om aan te beveel, maar u moet onthou dat dit nie onmiddelik werk nie. Dit duur gewoonlik 2-3dae voordat die effek daarvan sigbaar word en u moet die dosis aanpas volgens die effek. Bespreek dit met u dokter of apteker. As die konstipasie voortduur of geassosieer is met enige ander simptome moet u baba volledig evalueer word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: ma | 2004/01/27

Ek het dieselfde probleem gehad my melk het opgedroog toe my kind gebore is. Hy het ook hardlywig geword ek het ook gesukkel al wat ek gedoen het in die begin was om 'n sepossetry te gebruik dit gaan nie deur hulle bloed stroom nie en probeer om purity juice te kry en gooi 'n klein bietjie in haar bottle en maak dit vol met die hoeveelheid water wat sy drink. Onthou om gekookte water te gebruik. My dokter het gese hoe meer vrugte sap hulle in kry hoe beter gaan hulle magies, maar moenie te veel gee nie want dan sal haar maag te veel gaan. Onthou om ook vir haar water te gee tussen voedings. Hoop dit help

Reply to ma

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.