advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Nads | 2012/08/16

Q.

Acc200

Goeienaand Prof
My seuntjie is nou 19 weke oud. Op 13 weke was hy vir ''n week in die hospitaal met die RSVirus. Ek sien sy neusie loop en het so nou en dan ''n hoesie... Die apteker het vir my gese ek moet hom stoom met Acc200 (halwe tablet met 5ml water). Dit het goed gewerk en die groen snotties was binne ''n dag weer kleurloos. Ek wil net weet is dit veilig en kan ek hom stoom met Acc200 as ek sien hy lyk asof hy verkoue kry en sy neusie groen snotties maak? Ek wil ook graag weet of ek vir hom Prospan kan gee vir sy hoesie. Hy sal so nou en dan hoes (dalk net so 1 x in die oggend).
Baie dankie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Prospan is veilig om te gebruik vir babas. Daar bestaan geen inligting of ACC2000 veilig is vir babas veral wanneer dit in 'n nebuliseerder gebruik word. Ek verkies dat jy liewers net soutwater neusdruppels gebruik vir jou baba se toeneus, Bennetts Infant Saline nose drops is veilig om te gebruik.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.