advertisement

Childhood Diseases

Question
Posted by: | 2018/03/18

Q.

Slaap probleme by 4 jarige

My seuntjie word in Mei 4. Hy slaap reeds van 1 jaar af in sy eie kamer en in sy eie bed. Nog nooit probleme gehad nie. Ons het in Desember in ñ nuwe huis ingetrek en hy het nou sommer ñ lekker groter bed ook. Probleem is nou dat hy in die aand net sy pappa soek wat moet slaaptyd roetine doen en dan by hom slaap ook. Hy word wakker in die nag en huil dan vreeslik opsoek na sy pappa. Wat kan die rede hiervoor wees en hoe kan ons dit verander?

Expert's Reply

A.

Paediatrician
- 2018/03/19

Die rede vir jou seuntjie se huidige slaap problem le in jou eie woorde in die tweede sin van hierdie vraag. Een van die hoofredes vir 'n skielike verandering in 'n jong kind se slaap patroon is om te verhuis.Jong kinders kan baie angstig raak wanneer die gesin verhuis. Dit is nie net die nuwe slaapkamer en die nuwe huis, maar ook die nuwe skool en nuwe vriende ens. Probeer om sy slaapkamer byna dieselfde te hou soos tevore, met dieselfde beddegoed op sy bed. Hy moet elke aand in sy eie bed gaan slaap. Le langsaan hom en lees 'n boek wat hy geniet voordat hy gaan slaap. Indien hy probeer om in jou bed te klim, neem hom dadelik weer terug na sy eie kamer. Na 'n paar wke sal hy minder angstig word en weer sy ou slaap patron

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.