advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Karen | 2019/04/24

Q.

RSV virus

Ons dogtertjie van 10 maande oud het siek geword, in die hospitaal beland, toetse is gedoen en hul sê dat sy die RSV virus het. Sy was n week in die hospitaal. A.g.v. waarvan kry sy dit en hoe kan ons dit verhoed. Sy sukkel ook met hardlywigheid. Drink nie meer melk nie en eet baie goed. Sy sukkel vreeslik om gesond te bly en beland altyd in die hospitaal. Ons het heelwat diere in die huis. Is dit daarvan of is dit maar net dat sy sieklik sal bly? Ons het nie ander kinders by wie sy dit kan optel nie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician
- 2019/05/09

Hierdie vraag het eers vandag verskyn. Is dit oorspronklik aan die pediater gerig? Die RSV virus veroorsaak redelike erge vekoues en borsontsteking veral onder jong kinders wat jonger is as twee jaar. Die ergste tyd van die jaar vir RSV ontsteking is in die herfs en winter maande van die jaar. Die bors ontsteking wat gewoonlik gepaard gaan met RSV onsteking, word 'brongiolitis' genoem. Die RSV virus is hoogs aansteeklik veral deur kontak en die meeste kinders word by dagsorg eenhede of by 'n kleuterskool aangesteek. Ongelukkig is daar geen immunisasie tans beskikbaar om RSV te verhoed. Die beste is om gereeld probiotika vir kinders te gee en veral  ook jou baba dogter se neusie mooi oop te hou deur om 'n soutwater neusppuit soos FLO-Baby neusspuit soggens en saans te gebruik. Familie en vriende met verkoues moet nie kom besoek nie terwyl hulle siek is. Dit is ook nodig om gereeld hande te was.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: ... | 2019/05/09

What Causes RSV? RSV is caused by a virus and spread when an infected person coughs or sneezes. The virus enters the body through the nose or mouth or very often through the eyes (when people rub their eyes with a hand that has touched infected secretions.) For some children, an ordinary cold or flu can quickly turn into asthma, RSV or pneumonia that requires ER treatment or hospitalization.

Reply to ...

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.