advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: | 2019/01/15

Q.

Neucon

Goeie dag Dr, my 7 jarige seun is tans op 27mg Neucon/Concerta, maar het verskriklik baie gewig verloor. Hy sal ontbyt baie goed eet en sodra die pil inskop wat ons na ontbyt gee wil hy nie graag eet nie. Dis bietjie peusel hier en bietjie peusel daar. Ek het nutrikids shakes probeer, maar hy hou nie van die tekstuur nie en dus wil dit ook nie drink nie.Ek het probeer om hom af te haal van die meds af, maar dan kla die skool hy wil nie samewerking gee nie.Moet ons dalk weer terugskuif na 18mg omrede hy so baie gewig verloor het? Of eerder met skool se klagtes sit? Sy gesondheid is vir my op die stadium baie belangriker. As ek dit met ons GP bespreek sê hy net dis een van die newe effekte, maar stel nie iets voor om te help nie.Kan u dalk raad gee?

Expert's Reply

A.

Paediatrician
- 2019/01/17

Een van die hoof en belangrikste newe effekte van Concerta is wel dat hierdie medisyne die eetlus erg vertraag. Daar is geen twyfel dat die feit dat jou seun erg gewig verloor as gevolg van die Concerta gebruik is. Die ander problem met Concerta is dat dit langwerkend is, tot 12 uur of langer. Dus will hy die hele dag tot in die aand nie eet nie. Hierdie is dus 'n groot probleem en is nie aanvaarbaar nie. Miskien sal hy beter vorder op Ritalin 10mg net in die oggend. Dit is nodig om dadelik terug te gaan na die pediater wat die Concerta voorgeskryf het.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.