advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: HB | 2020/02/18

Q.

Medikasie

More Prof, dr het my al so baie gehelp in verlede. My seun nou 11 het 2 jr terug die aanval gehad waar hy bewusteloos was en terselftertyd opgegooi het wakker geword met ontsettend erg kopseer, prof het gese MRI en EEG by pediatriese neuroloog. Dit is gedoen waar die neuroloog gese het sy sien geen tekens van epilepsie nie maar wel migraine. Ons het eeg ontvang en uitslae was abnormaal waar sy dr toe vir ons gese het sy verstaan nie maar gaan hom op epilim sit. Van daar af was die rit vir my as ouer n wipplank. Dit het goed gegaan in daardie jaar verder my kind het minder migraine gekry. Gr 4 het gekom met eksamens begin en hy moet ure leer om regtig werk in te neem ek praat van 5 blaaie 6 ure se studie tyd dr het vir ons gese dit nie reg nie en epilim verlaag na 200mg 2 keer per dag, toe begin sy migraines weer ernstig terugkeer maar hy was minder gestres en sy punte het opgegaan na die 80. Desember het ek agter gekom my kind is erg emosioneel huil maklik ek het dit toegeskryf aan eksamen stres maar desember vakansie was hy nogsteeds emosioneel. Ons dr sy vlakke getoets en dit was 110 te laag so hy terug op 300mg 2 keer per dag migraines is weg maar nou val sy skoolpunte weer. Hy kry woede uitbarsting is huilerig. As ek hom vra wat fout is se hy hy is erg gespanne voor n vraestel. Ek as ouer is bekommerd oor my kind se gemoed dit grens aan angs en depressie. Hy kry 9 uit 10 vir klastoets vraestel oor presies dieselfde werk kry hy 72% en daar se dit vir my sy stres vlakke speel n rol. Eerlik ek weet nie meer watse kant toe nie. Hy werk perfek netjies sy onderwyser se reguit amper perfeksionisties, hy lees goed afrikaans en engels. Maar dis asof die epilim hom beinvloed drink hy laer dosis kry hy migraine drink hy hoèr dosis sit hy met angs en laer punte, hy is nou n maand op die hoèr dosis en vlakke word weer getoets oor 2 maande. Dit stem my ouer hart onrustig omdat n jong kind so gespanne kan wees, ons leer 4 dae voor die tyd al sodat hy nie spanning moet kry vir n vraestel nie maar dit is asof dit nie help nie. Dalk het prof raad asb. Hy het nog nooit weer n aanval gekry na daardie dag op die bank nie en dit was net daardie eenmalige aanval. As hy wel migraine kry is dit erg dat hy opgooi en baie bleek word en sy kop vashou van pyn. Ek sal prof se opinie regtig baie waardeer groete

Expert's Reply

A.

Paediatrician
- 2020/02/28

Jammer dat dit so lank geneem het om hierdie baie belangrike vraag te antwoord. Dit nie maklik om seker te kan wees oor die regte antwoord. Daar is geen twyfel dat jou seun egte en erge migraine het. Die EEG toets  2 jaar terug, het 'n abnormale patroon gewys (epilepsie?) As gevolg daarvan is jou seun op Epilim behandeling begin. Snaaks genoeg het dit sy migraine goed onder beheer gebring afhanklik van die dosis. Jou seun het goed gevorder maar nou blyk dit dat hy baie gespanne en angstig is met 'anger episodes' Indien sy Epilim dosis verlaag word, begin hy weer om migraine simptome te wys. Wat my bekommer is dat hy tans so angstig is. Is dit miskien as gevolg van 'n newe effek van die Epilim behandeling? Dit is nie een van die gewone newe effekte van Epilim. Is dit miskien as gevolg van sy migraine probleem? Ek sal aanraai dat die neuroloog jou seun moet verwys na 'n kinder sielkundige of pediatriese psigiater vir 'n opinie oor 'n moontlike 'anxiety disorder'.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.