advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Engela | 2019/01/15

Q.

Grandchild

More dr. My kleindogter is nou 13 maande. Sy is n baie vriendelike dogtertjie en lyk baie inteligent. Tog is daar dinge wat my bekommer. Sy se nog nie eers mamma nie. Maak baie geluide ens. Maar spreek nie woode uit nie. Haar ma werk nie uit nie en gee baie aandag aan haar. Sy het baie speelgoed. Sy het die volgende probleme wat my laat wonder of sy dalk vergrootte Adinoids het. Sy het sinus, sukkel met asemhaling en slaap nie lank nie en veg selfs teen slaap. Haar neusie is geneig om baie te loop. Dr se sy het wel sinus en dit is al van omtrent haar geboorte so.Vat gereeld aan haar oortjies. Het gedink dis maar tande wat uitkom. Maar doen dit nogal gereeld selfs na haar eerste 4 tandjies uit is.. Het op n stadium baie genies maar nie meer so baie. Ek lees dat Addinoids n kind se spraak kan beinvloed. 2de probleem. Sy loop nie. Sy staan op teen goed. Klim op en af van die banke. Trek haarself op tot n staande posisie. Staan selfs vir n paar sekondes maar sak dan weer neer. Maar as sy opgetel word en mens wil haar neersit om te staan vou sy net haar bene onder haar in en gaan sit. Sy weier om te staan. . Sy "loop" op die onderste deel van haar bene. Wonder of sy geskrik het en of dit met tyd sal regkom? Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician
- 2019/01/17

Ek dink dat jy 'n baie goeie diagnose gemaak het. Dit is wel moontlik dat haar adenoiede vegroot is en ook jou kleindogterjie se gehoor beinvloed. Dus is dit nodig dat sy so vroeg moontlik deur 'n ONK spesialis ondersoek en getoets moest word. Ek is nie bekommer oor die feit dat sy nog nie loop nie. Sy behoort binnekort te begin stap,die eerste tekens is daar.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.