advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Charlotte | 2020/01/02

Q.

Dogtertjie se hare wil nie groei nie

My dogtertjie is 1 jaar en 8 maande oud, sy was met baie hare gebore en toe het haar hare met die tyd verminder tot waar dit nou so min is en self hard, asof sy haar hare weg geskuur het. Haar hare agter by haar nek groei maar lyk vreemd met die stertjie. Moet ek dit wat sy het alles afskeer of werk dit nie regtig nie? Bergamot essence dalk? En hoeveel daarvan? Kan dit n kondisie wees? Ek en my man het baie hare so dis nie gene nie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician
- 2020/01/06

Hierdie probleem met hare wat nie soos normaal groei nie kom redelik dikwels voor in kinders van hierdie ouderdom. Dit gebeur ook meer dikwels in dogterjies met blonde hare. In byna elke geval sal die kind se hare weer begin groei al sal dit eers op 3 of 4 jaar oudedom eers kan gebeur. Wat belangrik is om te weet is of jou dogter se bloed sink vlak normaal is en ook om vas te stel of haar tiroiedhormone normaal is. Dus sal ek aanraai dat sy deur haar pediater ondersoek moet word en hierdie bloed toetse gedoen moet word indien die pediater saamstem dat dit nodig is. Intussen sal ek ook aanraai dat jou dogterjie elke dag Zinplex stroop moet neem wat sink bevat.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.