advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Talitha | 2019/08/28

Q.

Baba kry konvulsies

My baba dogtertjie het op 4 maande begin met konvulsies wat kort na mekaar gevolg het, die eerste paar het presies gelyk soos epilepsy, daarna sal sy 'n aanval kry waar sy net voor haar staar en blou word in haar gesiggie, die langste konvulsie was 4min lank gewees, na vele toetse naamlik EEG,CT scan,MRI Scan, Lumber punch en verskeie bloedtoetste het alles normaal terug gekom, daar wys geen teken van Epilepsy of enige skade aan haar brein nie, tans word sy behandel met Keppra(160mg) asook Lethyl(30mg) vir 'n vermoede dat dit dalk baba epilepsy kan wees, sy is wel nou al 3 weke op die Lethyl pilletjie en 3weke en 3 dae sonder enige aanvalle, maar sy trek vreeslik agteroor met haar gesiggie wat bloed rooi word en haar ogies boontoe kyk of vorentoe as sy op haar sy le, sy slaap ook baie min in die aande dat sy die heeltyd kriewel en nie tot ruste kan kom nie, kan dit moontlik die medikasie wees wat veroorsaak dat sy so reageer?

Expert's Reply

A.

Paediatrician
- 2019/08/30

Hierdie vorm van konvulsies in babas word 'infantile seizures' genoem. Gelukkig het jou baba goed op die medikasie gevorder. Wat my nou effens bekommer is dat jou baba dogtertjie tans die simptome van 'infantile spasms' wys veral wanneer sy vreeslik agteroor trek en haar ogies boontoe kyk. Ek sal aanraai dat sy weer deur die pediatriese neuroloog ondersoek moet word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.