advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Suzy | 2004/10/21

Q.

7 maande oud - gooi suur op - raadop?

My seuntjie is 7 maande oud. Hy was maar nog altyd geneig tot refluks, maar gelukkig nie in 'n erge graad nie. Hy het sopas 'n Losac kursus voltooi, aangesien Infant Gaviscon hom hardlywig maak. Ek het nou, nadat die oumas daarop aangedring het, vir hom Milk of Magnesia begin gee. Ek moet sê, dit werk nogals heel goed vir die suur wat hy so gereeld opgooi. Maar ek is skrikkerig vir wat die langdurige effek van die gebruik gaan wees op my seuntjie. Ek het ook al feitlik alles uit sy dieet gesny wat ek vermoet enigsens suur kan veroorsaak. Hy is redelik onrustig nou met sy tandvleisies wat hom pla, maar die suur kom al van 3 maande af aan. (Hy het nog geen tande nie).

Sy dieet werk as volg: Soggens 6 uur drink hy een bottel 250ml S26. ± 10 uur eet hy Baba Mielie Pap. ± 13:30 eet jy sy tuisgemaakte groente (ek het selfs die purity gestaak agv die suur). ±15:00 drink hy weer 'n bottel van 200ml, en dan 19:00 weer 'n bottel van 200ml. Tussen deur gee ons nou vir hom water met 'n spuitjie in, aangesien hy dit nie uit 'n bottel wil drink nie. Ek wil ook nie vir hom purity sap gee nie, bang dit vererger die suur.

Ek weet regtig nie meer wat anders om te doen nie. Ek is so bang die suur beskadig sy slukderm. En hy is vreeslik ongemaklik as hy die suur opbring. Dit help my nie om weer pediater toe te gaan nie, want 'n paar h0nderd rand later, gooi my kind nog steeds suur op. Het enige iemand dalk vir my raad. Ek is bereid om enige iets te probeer.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek sou beslis nie aanraai dat u op 'n langdurige basis met die milk of Magnesia aanhou nie, dit kan die elektrolietbalans ernstig versteur. As u kind werklik erg sukkel en veral swak groei of herhaalde borsprobleme het, is dit noodsaaklik dat dit goed ondersoek word. 'n Milkscan, Ph studie en Barium sluk gee gewoonlik akkurate inligting oor die graad van refluks en oor moontlik onderliggende oorsake. Bespreek dit met u pediater.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Norma | 2004/10/22

Hi,

My seuntjie is nou 3maande oud en ons het met dieselfde probleem gesukkel. Probeer S26-AR, ons gebruik nou die melk en dit werk.

Reply to Norma

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.