advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Marlize | 2004/12/01

Q.

18 Months and pregnant

Hi

Ek is 30 weke swanger en het ook 'n 18 maande oue dogtertjie.
Ek sukkel bietjie deesdae met haar sy wil nie hê haar pa moet aan my vat nie en sodra ek aandag gee aan my vriendin se baba begin sy te huil.

Kan dit wees omdat ek swanger is en gaan dit erger raak sodra die nuwe enetjie hier is of is dit maar net 'n staduim waardeur sy gaan!
Wat kan ek doen om te voorkom dat sy afgeskeep voel sodra die nuwe baba daar is.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is algemeen dat die eerste kind bedreig voel deur die koms van 'n tweede. U moet begrip hê daarvoor en jou bes doen om haar te betrek en ook opgewonde te kry oor die swangerskap. Van die ander moeders kan dalk meer praktiese raad gee.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Ook in dieselfde bootjie | 2004/12/01

Ek's bevrees dit gaan 'n probleem wees. Sy is nog heeltemal te klein om jou (en seker haar speelgoed) met enige iemand te deel. Myne is ook 18 maande uitmekaar en sy het haar baba boetie goed geknou as sy die kans gekry het. Glad nie verstaan van hierdie klein dingetjie wat nou haar spotlight kom steel het nie. Nou is hulle 6 en amper 8 en hulle stry en baklei nog altyd!!!! Baie geduld en liefde vir die ouer enetjie sodat enige onsekerheid later aan verdwyn. En pappa moet nou al begin inspring en haar oorlaai met liefde sodat hy kan uithelp as jy en baba besig is.

Reply to Ook in dieselfde bootjie

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.