advertisement

Childhood Diseases

Question
Posted by: stef | 2007/04/11

Q.

15maande baba - gedrag verandering

Hi doc,
My 2de kind, nou 15maande oud, het die afgelope paar dae 'n gedragsverandering gekry. Hy het gewoonlik op sy eis en saam sy suster gespeel en so nou en dan kom aandag soek by ons. (Hulle kry baie aandag van albei ons af) Hy klou aan my die hele tyd asof hy bang is. Ek weet nie of dit is van die swaar weer wat ons gehad het 'n paar dae terug nie, dit het hom baie bang gemaak. Van daar af is hy baie bang vir geluide, hy los my nie vir 'n oomblik uit nie, ek kan nie eers wegloop nie dan huil hy. Wil die hele tyd he ek moet hom optel. Is dit nou maar net 'n stadium waar deur hy gaan? Dan wil ek ook weet hoe kan ek maak om hom te laat drink uit bekertjies uit, hy wil niks weet nie soek net sy bottel.
Baie dankie vir u tyd.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is definitief 'n stadium wat hy nou deurgaan. Hy het 'n probleem met 'separation anxiety' en het nou baie aaandag nodig. Moet nie te haastig wees met sy drink uit 'n bekertjie nie, hy sal 'n bietjie langer as gewoonlik neem, maar sal uiteindelik van 'n beker begin drink.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.