advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Michelle | 2004/01/13

Q.

14 mnde oue seuntjie wil net bottels melk drink

Ek soek raad asb met my 14 mnde oue seuntjie. Ons was weg Desember gewees vir 2 weke, hy was heeltemal af van die melk - het net 1 bottel in die oggend en in die aand gekry - hy het als ge-eet, maar terwyl ons op verlof was wou hy niks eet nie - net melk, rooibostee en sap drink - hy sal hier en daar 'n happie vat, maar het nie ge-eet soos altyd nie - nie eens 'n koekie nie. Dieselfde het gebeur toe ons weer vir 'n lang naweek weggegaan het. Hy het altyd so baie ge-eet voor ons weggegaan het - sy 3 maaltye 'n dag en dan 'n broodjie en vrug, nou wil hy nie eens brood eet nie - hy sal dalk 'n klein happie hier of daar vat.

Nou sukkel ek om hom weer ge-eet te kry, hy wil nie eens soggens sy pap eet nie - skud net sy kop heen en weer vir nee en begin dan huil (seker vir sy bottel melk) - as ek sy bottel melk gee is hy dan dood tevrede en gelukkig. Hy drink nou 2 bottels melk in die aand voor hy gaan slaap, 1 bottel in die oggend en 2 bottels tee in die middag en sy sap. Hy het net 2 onderste tande.

1. Moet ek ingee as hy nie kos, vrugte en pap wil eet nie en vir hom dan 'n bottel melk gee of moet ek hom los dat hy huilerig is en sal hy wel later eet wanneer hy honger is of agter kom hy gaan nie sy melk kry nie?

2. Kan ek sy bottels HEELTEMAL wegvat en slegs vir hom 'n "trainer" bekertjie gee - die met die tuit en 4 gaatjies? Of op watter ouderdom moet ek sy bottel wegvat?

3. Hoeveel melk moet hy op sy ouderdom nog kry per dag - 1 of 2 bekertjies?

4. Moet ek die bottel melk in die oggend uitskakel?

5. Hy is ook hardlywig - hy sukkel nie om te druk nie, maar sy poo is harderig en rond soos bokdrolletjies - as jy daaraan vat, smeer dit nie af aan jou hande nie. As ek vir hom Milo met 2 suiker gee in die aand - dan is dit weer baie pap.

6. Hy bly by my bediende in die dag terwyl ek werk en ek het nog 'n dogter wat 9 jaar oud is. Op watter ouderdom kan ek hom na 'n speelgroepie stuur - byv vir 3 1/2 dae in die week? Is hy nou op die oomblik nog te klein daarvoor of sal dit 'n goeie ding wees?

Baie dankie vir u raad.
Vriendelike groete, Michelle

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dar is geen defnitiewe riglyne nie. 'n Speelgroepie klink na 'n goeie idee vanaf omtrent 18maande en dit sal wonderlik wees as jy dit dalk met hom kan deel. 'n Mens hoef nie 'n gesonde kind te forseer om kos te eet nie, maar dit is wel nodig om alternatiewe en ongesonde opsies te beperk. Op hierdie ouderdom behoort 2 bottels melk per dag voldoende te wees. Verder kan hy onversoete vloeistowwe drink soos hy wil. Baie kinders is emosioneel geheg aan hulle bottel en u moet self besluit oor die optimale tyd om dit met iets anders te vervang.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Same problem | 2004/01/14

Hi there.

I have exactly the same problem with my 18month old. He drinks alot of milk during the day and hardly eats. He is poo is quite fine though. Alot of other parents say that it is just a stage that the child goes through. Hopefully they will out grow it. Because I realize that my son does not want to eat a whole meal, I try to give him some things during the day...like a banana...some juice in a feeding cup, but he drinks lots of milk....dont fret too much but do get a professional opinion as most children differ in some way or the other ...good luck:-)

Reply to Same problem

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.