Childhood Diseases

Question
Posted by: Jakkie Serfontein | 2012/10/09

Q.

10 jarige dogter naar elke oggend

My dogtertjie is elke oggend naar as sy opstaan. Ons het haar al
laat toets en dit blyk dat sy allergies is vir kleur en spisfeer asook melkprodukte. Sy eet nou niks meer in die oggend wat melk bevat nie. Vanoggend net stukkie toast geeet, maar sy bly kla dat sy naar is. Sy het ''n sinusdrup en ek gee vir haar antihistamien. Sy het ook ''n yster te kort. Sy drink medisyne vir dit ook in die oggend. Ek het op ''n stadium gedink dit is spanning wat die naarheid veroorsaak, maar sy kla nie dat daar fout is by die skool nie en doen baie goed in haar klas. Ek is te bang ek gee
te veel medisyne vir bietjie kos wat sy eet voor skool. Het dokter dalk raad asb.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is 'n baie goeie en belangrike vraag. Dit is byna seker dat dit die 'post-nasal mukus drup' as gevolg van haar sinus probleem wat die rede is vir jou dogter se naarheid elke oggend.Aangesien sy allergies is is die onderliggende probleem sekerlik die van allergiese rinitis. Haar neus allergie moet op die regte manier behandel word.Die beste sal wees om 'n pediatriese allergis te raadpleeg. Ek stem saam dat dit onwaarskynlik is dat jou dogter se naarheid as gevolg van enige sielkundige probleem voorkom.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.