Childhood Diseases

Question
Posted by: m | 2007/05/22

Q.

1 maand oud...slaap nie in dag nie

Ek is besig om bekommerd te raak, maar weet ook nie of ek hier te doen het met gewone koliek nie:

My maandoue seuntjie slaap gedurende die dag ampe niks nie. Hy word met dagbreek wakker van 'n seer maag en so gaan ons dan deur die dag met voedings elke 2 of 3 of 4 (het alle tussenposes probeer) ure, maar dan met erge winde en maagkrampe en braking (dink dis net 'posseting'), sonder om ooit te slaap vir meer as 'n halfuur lank.

Ek borsvoed en het al Eglonyl gekry om seker te probeer maak dat daar genoeg melk is. Dit is my 2de kind en die 1ste een het ek sonder moeite tot 11 maande gevoed.

Na sy bad, slaap hy soet van amper sewe uur tot middernag elke aand. Daarna drink hy 2 keer voor dagbreek wanneer al die sports begin.

Hierdie patroon gaan nou al vir amper drie weke so aan - ek is moeg om planne uit te dink (wat nie werk nie...)

My seuntjie het met geboorte 'n intra-uteriene infeksie gehad, was op antibiotika, maar het na 'n paar dae mooi herstel - kan dit 'n rol speel?

Dankie
Marlize

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die intra-uteriene infeksie et niks te doen met sy slaap patroon nou. Ek wonder of die Eglonyl die hele probleem veroorsaak aangesien dat klein hoeveelhede van hierdie medisyne in die borsmelk verskyn.Hou op met Eglonyl en sien of dit 'n verskil maak.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Mommy | 2007/05/23

Hy het nie dalk 'reflux' nie? Die simptome klink baie dieselfde as my seuntjie s'n. Nadat ek reflux medisyne gekry het en hom oorgeskakel op reflux melk was baie probleme iets van die verlede. Hy is ongelukkig ook allergies vir koeimelk en ek kon nie die reflux melk verder gebruik nie, maar het steeds Nestargel in die nuwe melk gebruik. Reflux het baie dieselfde simptome as winde, maar maak hulle net so seer.

Reply to Mommy

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.