Share

Hoe om ’n vishoek te verwyder

As die vishoek nie baie diep in die vel sit nie, trek die hoek versigtig terug uit die vel terwyl jy saggies met jou vinger die steel daarvan afdruk, of draai ’n stukkie lyn of tou om die hoek en trek dit uit terwyl jy die steel saggies afdruk.

Moenie dié metode gebruik as die hoek in ’n veloppervlak soos ’n oorlob vassit wat kan beweeg wanneer jy die lyn trek nie.

Rooi vlag! Moet nooit ’n vishoek verwyder wat in die oog of gesig vassit, of as jy ’n polsslag naby die plekkie kan voel nie.

As die voorpunt van die vishoek diep in die vel is, amper deur die vel steek of naby die veloppervlak vassit (sien skets), doen die volgende:

Stap 1: Verdoof die plekkie met ys of koue water.

Stap 2: Druk die hoek vorentoe in die rigting van die kurwe van die vishoek, tot jy die voorpunt deur die vel gedruk het.

Stap 3: Sny die hoek se voorpunt af met ’n knyptang en trek dit terug deur die oorspronklike wond. Was die wond met seep en skoon, lopende water en draai ’n steriele, losserige verband bo-oor. Maak seker dat daar nie stukkies aas in die wond agterbly wat infeksie kan veroorsaak nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE