Share

Rustelose bene sindroom

accreditation

“Ek kan nie my bene stilhou nie. Dit voel asof duisende geniepsige goggas onder my vel wriemel, of asof gasborrels in my bene bruis. Ek voel beangs as ek net daaraan dink dat ek lank in ’n vliegtuig moet stilsit. Selfs ’n fliek is te lank.”

Dis die kreet van Rhonette Fick van Kaapstad wat al jare lank aan kriewelbene ly. Haar vriende het gedink sy sit aan: Hoe kan die drang om jou bene te beweeg, so onbeheerbaar wees dat jy dit nie kan onderdruk nie? Of dat jy snags so woes skop en kriewel?  “Daar is tye dat ek elke dag soos ’n zombie voel van te min slaap,” vertel sy.

Net een uit twintig mense met rustelose bene sindroom (RBS) word korre gediagnoseer en behandel, verduidelik prof. Richard Allen, ’n neuroloog aan die Johns Hopkins-universiteit in die VSA.

Metaboliese breinsiekte

Verreweg die meeste RBS-lyers word verkeerdelik gediagnoseer as mense met slaapprobleme (mense met RBS slaap inderdaad slegter as mense met enige ander slaapprobleem), angstigheid, depressie, swak bloedvloei, artritis, aandaggebreksteurnis, of dikwels sommer net iepekonders.

Mediese navorsers het nou vasgestel RBS is 'n metaboliese breinsiekte en dat daar doeltreffende behandeling hiervoor is.

Mense met RBS – een uit elke tien mense ly daaraan – het ’n tekort aan yster in sekere dele van die brein wat met beweging te make het. ’n Bloedtoets wat wys dat iemand se bloedystervlak normaal is, beteken glad nie dat die ystervlak in sy brein normaal is nie.

Die ystertekort in die brein, wat duidelik op breinskanderings gesien kan word, lei tot ’n tekort aan die brein-chemikalie dopamien, wat weer die vreemde sensasies en drang om die bene te beweeg, veroorsaak.

Navorsing het ook gewys dat meer vroue as mans aan RBS ly, dat daar ’n sterk oorer?ikheidsfaktor is, dat dit tydens onaktiwiteit (dus saans en wanneer jy jou bene moet stilhou) erger is, en dat die kans baie skraal is dat dit sonder behandeling sal verbeter.

Daar is raad

As jy net dan en wan sleg slaap weens RBS, kan lewenstylaanpassings jou help, soos om minder koffie, ander kafeïendrankies en alkohol te drink. Die regte yster-, folaat- of magnesiumaanvullers kan ook jou algemene gesondheid verbeter indien jy wel ’n tekort aan een van dié minerale het.

Maar as jy daagliks tot twee keer per dag kriewelbene ervaar en baie uit die slaap gehou word, kan ’n pil help om die dopamienvlak in jou brein te herstel.

Omdat jy nie ’n pil kan sluk om die brein se ystervlak aan te vul nie (yster kan nie in mense met normale bloedystervlakke van die bloed tot in die brein beweeg nie), moet jy maar

die dopamienwerking herstel met ’n middel wat die uitwerking van dopamien-oordragstof naboots. ’n Baie klein dosis hiervan is genoeg om ’n groot verskil te maak.

Ly jy aan RBS?

As jy ja antwoord op dié vier vrae, is die kans baie goed dat jy aan RBS ly, sê Richard Allen:

1 . Het jy 'n onbeheerbare drang om jou bene te beweeg, gewoonlik omdat jy ongemaklike en onaangename sensasies daarin ervaar?

2. Word dié onaangename sensasies erger terwyl jy rus, sit, lê of onaktief is?

3. Help stap, strek of beweging om die onaangename sensasies te verlig – al duur die verligting net solank jy jou bene beweeg?

4. Is die simptome gewoonlik snags erger? 

Lees meer: 

Tired, heavy legs may indicate CVI  

23% of people have restless legs 

Could dark chocolate help ease poor leg circulation

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE