Share

Kunshartontvanger sal op skenkerhart wag

Suid-Afrika se eerste ontvanger van ‘n kunshart sal oor sowat ‘n maand – indien alles volgens plan verloop – op ‘n waglys vir ‘n skenkerhart geplaas word. Dr. Willie Koen en sy span sal probeer om so gou moontlik ná 'n maand 'n hartooplanting op die 61-jarige man te doen.

Dr. Koen is tevrede met die pasiënt se vordering.

Die tekort aan skenkerorgane is die grootste knelpunt wat orgaanoorplantings in die land kortwiek. Meer as ‘n duisend Suid-Afrikaners wag op hart-, nier- of leweroorplantings, maar slegs ‘n derde ontvang betyds skenkerorgane, volgens die jongste syfers van die Stigting vir Orgaanskenkers.

Die City Park Hospitaal se oorplantingsko-ordineerder, Alexia Michaelides, het meer inligting oor die soeke na ‘n geskikte skenker en die oorplantingsproses aan Die Burger bekend gemaak.

Slegs iemand wat ná ‘n ongeluk weens breinbeserings sterf, se hart, lewer, niere of longe kan vir oorplanting oorweeg word. In die geval van korneas is byna alle mense wat sterf en nie aan kanker, ‘n virus- of ander siekte ly nie, ‘n potensiële skenker.

Binne 12 tot 24 uur
Indien die breinstam sterf, sal die beseerde se ander organe binne 12 tot 24 uur ophou funksioneer, al bly die pasiënt aan ‘n ventilator gekoppel wat hom laat asemhaal en sy hartklop tydelik onderhou. Baie spesifieke internasionale kriteria bestaan waarvolgens ‘n pasiënt breinstamdood verklaar word. Die pasiënt moet deur twee dokters – een ‘n spesialis - wat niks met die oorplantingspan te doen het nie, breinstamdood verklaar word.

Die dokters toets verskeie reflekse. Indien die pasiënt ‘n middel geneem of ontvang het wat hom slaperig kan maak, moet gewag word dat dié middel se effek uitwerk en dan moet al die toetse herhaal word. As die pasiënt met die afskakeling van die ventilator slegs ‘n enkele asemteug neem, word hy nog nie as breinstamdood gesertifiseer nie.

Nadat die dokter die konsep van breinstamdood aan die familie verduidelik het, word die oorplantingskoördineerder in kennis gestel, en hy/sy kom gesels met die familie. In 60% van gevalle verleen die familie toestemming, volgens sr. Michaelides.

Bloedgroepe bepaal
Hierna word die pasient se bloed getrek om sy bloedgroep en weefseltipe te bepaal, en word vir die vigsvirus en die Hepatitis B- en C-virusse getoets. Die skenker se mediese rekords word nagegaan en met die familie gesels om seker te maak dat hy nie aan kanker of harttsiekte, rumatiekkoors of ‘n ander siekte wat die organe kon aantas, gelei het nie.

Die skenker word gestabiliseer om seker te maak dat sy hart en ander organe goed funksioneer. In die meeste gevalle is die kopppeling aan ‘n ventilator en die toediening van vloeistowwe binne-aars voldoende om die skenker tot 18 uur stabiel te hou.

Sodra die bloedgroepe en weefstipe bekend is en alles verder in orde, kyk die oorplantingskoordineerder en -chirurge na die waglys van pasiënte, en besluit op die beste ontvanger.

Hoe word ontvanger gekies?
In die geval van ‘n skenkerhart, moet die bloedgroep ooreenstem en sal ‘n klein hart vir ‘n kind of klein pasiënt oorgeplant word en ‘n groot man se hart vir ‘n groot persoon. In die geval van niere word die weefseltipe ook in ag geneem omdat daar effe meer tyd is as in die geval vir ‘n hartoorplanting. As daar nie ‘n geskikte ontvanger in die onmiddellik streek van die skenker is nie, word oorplantingseenhede van ander streke gekontak.

Verskillende spanne chirurge gaan na die hospitaal waar die skenker is om die verskillende organe. tegelyk in ‘n teater te verwyder. Die hart word eerste afgeklamp en met preserveervloeistof gevul, en die ander organe onmiddellik daarna. Nadat die organe verwyder is, word die snitte aan die skenker se liggaam weer netjies toegewerk soos ná enige ander operasie byna.

Die hart moet binne vier ure in die skenker oorgeplant word, die niere binne 24 uur, die lewer binne 12-18 uur en die korneas moet binne ses uur ná dood verwyder word.

Kontaknommer
Vir meer inligting, bel die Stigting vir Orgaanskenking se tolvrye nommer 0800-22- 66-11.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE