advertisement

Hearing management

Question
Posted by: zzzzzzzz | 2008/07/22

Q.

suis

Ek het ook soos vorige persoon suising in my ore.< br> < br> Ek was by die dokter, geen infeksie, geen vog, niks.< br> Toe vewys hy my na & #39 n oor-neus-keel spesialis. En weereens kon hul ook niks optel nie.< br> < br> Die gesuis in my ore is so erg in die aande dat dit klink of & #39 n yskas < br> langs my staan. En dis nou al vir 4 maande. < br> Ek het geval en my kop gestamp so 4.5 maande terug. < br> Kan dit die oorsaak dalk wees?< br> < br> Enige raad sal waardeer word.< br> Dankie

Expert's Reply

A.

Hearing Expert

Hallo ZZz

Die gesuis wat jy hoor, staan bekend as tinnitus. Daar is verskeie moontlike oorsake daarvoor. As jy reeds 'n basiese ondersoek gehad het deur jou huisdokter en ook 'n oor, neus en keelarts gesien het, sal ek voorstel dat jy na 'n oudioloog gaan vir 'n volledige gehoorevaluasie. 'n Oudioloog sal jou ook kan help met die nodige behandeling en bestuur van tinnitus. As jy nie van 'n oudioloog in jou area weet nie, kontak my asseblief dat ek die nodige verwysing vir jou kan doen (izabelle@widex.co.za). In die tussentyd, onthou dat 'n gesonde gebalanseerde leefstyl ongelooflik belangrik is vir die bestuur van tinnitus. Die volgende dinge kan tinnitus erger maak of veroorsaak: drank, gehoorverlies, sekere medikasie, alkohol, tabak, menstruasie, sekere vitamien tekorte, oormatige geraasblootstelling, ens.

Laat weet my gerus indien jy enige verdere inligting benodig
Vriendelike groete
Izabelle Pieterse

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: v | 2008/09/16

My man hetdieselfde probleem. hulle het agter gekom hy is besig om doof te raak in die oor wat so suis. hulle het ' n gehoorstuk aanbeveel. en gese jy moet met musiek of televisie aanslaap om suising in ore te beperk. Ek weet nie of jy getroud is nie  maar jou man sal seker daarmee kan saamleef as jy musiek speel terwyl julle slaap.

Reply to v

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.