advertisement

Hearing management

Question
Posted by: Pattie | 2007/04/16

Q.

OOR EN OOG PROBLEEM

Laat ek eers met my linkerkant se oog begin ek is 39 jaar oud ek was by die oog spesialis hy het my labei my oe uitgespuit met steriele water, ek weet nie wat die regte mediese name daarvoor is nie my linkerkant se oog het 'n (TEARBLOCK) gelukkig het ek nie meer daardie probleem nie, maar nou lê die probleem by my regterkanste oor, my dr het my oor op eendag 2 keer gelyk uitgespyt nou sit ek met die nagevolge van 'n gat op die oordrom ek het nooit probleme gehad met die oor tot Desember 2006 nie, ek het na 'n ander dr toe gegaan, hy het vir my antibiotika voorgeskryf en dit is nou al ongeveer 4 maande gelede van vanoggend af het daar ek weet nie wat ek dit kan noem nie maar ek gaan maar sê so bruinerige sig begin uitloop en ek kan dit nie keer nie dit het 'n effense stank maar nie so erg nie maar dit loop aanhoudend uit daar is 'n effense geraas ook in die oor wat stel u voor want my dr het gesê as die antibiotika nie werk nie dan sal ek moet 'n spesialis gaan sien want daardie gat in die oor sal moet toegemaak word wat is eintlik die oorsaak dit is baie iriterend kan u my asb raad gee

Baie dankie


Patricia

Expert's Reply

A.

Hearing Expert

Hallo Pattie

Ek sou defintief aanbeveel dat jy teruggaan na jou dokter toe en dan moet jy 'n oor, neus en keel spesialis gaan sien, dit is moontlik dat daar weer infeksie in die oor is. Hou in die tussentyd die oor droog. As die oor weer heeltemal gesond is, sal dit 'n goeie idee wees om ook jou gehoor te laat evalueer deur 'n oudioloog. As jy nie van iemand in jou omgewing weet nie, laat weet my gerus sodat ek jou kan verwys (izabelle@widex.co.za)

Laat weet gerus indien jy enige verdere inligting verlang

Vriendelike groete
Izabelle Pieterse

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.