Hearing management

Question
Posted by: cathy | 2007/05/03

Q.

is this possible?

My nefie se seuntjie is getoets en die diagnose is dat hy 100 % gehoorverlies het. die verduidelikking is dat hy "sweer ore" gehad het en dat dit veroorsaak het dat die infeksie die beentjies in sy ore laat disintegreer het en die "beentjies gevolglik uitgesweer het". Is dit moontlik??????

Expert's Reply

A.

Hearing Expert

Hallo Cathy

Ek het ongelukkig nie volledige inligting oor sy verlies en sy mediese geskiedenis nie. Wat ek wel vir jou kan sê is dat as die infeksie in die middel-ore die enigste probleem is, dit nie totale gehoorverlies kan versoorsaak nie. Ons noem daardie tipe gehoorverlies, konduktief en die maksimum verlies wat 'n mens kan kry daarvan is rondom 60 dB. Miskien moet julle vir die oudioloog meer detail vra of dalk die moontlikheid van 'n tweede opinie oorweeg. Dit is egter moontlik dat swering van die middeloor skade aan die die beentjies in die middeloor kan veroorsaak. Totale verlies sou moes beteken dat ander dele van die gehoorsisteem beskadig is. Het julle die moontlikhede van sjirurgie met julle spesialis bespreek?

Laat weet my gerus indien jy enige verdere inligting benodig of 'n verwysing nodig het (izabelle@widex.co.za)

Vriendelike Groete
Izabelle Pieterse

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.