advertisement

Headache

Question
Posted by: Alicia | 2020/04/20

Q.

Hoofpyn maar geen antwoorde

Ek sukkel al vir jare met hoofpyn. Ek se dis hoofpyn omrede ek geen ander simptome toon van migraine (Naar en oe ens) nie. Ek was al aangeraai om oe te gaan toets - Hulle is 100% Ek het al 'n Scan gaan doen hy is 100% Ek moes 'n EEG gaan doen het (2 keer al) en alles is 100% met my MAaar dit is nie. Ek staan op met 'n hoofpyn en ek gaan slaap met hom. Dag in en dag uit. Ek is letterlik raad op want ek weet nie eers hoe om dit te kan beskryf nie. Ek is 24 jaar en sukkel al vanaf Hoerskool met hoofpyn. Geen dr het 'n antwoord wat my net kan laat soortvan verstaan nie. Die Neuroloog het sommer net gese daar is tot dusver geen antwoord vir hoekom dit daar is nie so ek mos my tyd om aan te hou soek. Ons huis dr het my op Indoblok gesit omdat hy se daar is baie mense wat sukkel met hoofpyn en hierdie bloeddruk pil help vir dit. Terselfde tyd is ek op Tegretol omdat dit ook sal help vir die hoofpyn. Is daar enige ander raad wat gegee kan word

Expert's Reply

A.

Headache expert
- 2020/04/24

Beste Alicia,

Daar is net een manier om te bepaal wat die oorsaak is van die hoofpyn.

Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het nie – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer. Die Hoofpynkliniek is die enigste fasiliteit waar so 'n ondersoek uitgevoer is. Ongelukking is die kliniek toe weens die "lockdown". Net sodra die gevaar oor is bel ons asb - die telefoon nommer is onder.

 

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.theheadacheclinic.net

 

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 011 484 0933.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.