advertisement

Headache

Question
Posted by: Bekommerd | 2019/04/17

Q.

Hoofpyn

Ek wil net graag iets weet. Die afgelope tyd begin ek 'n snaakse tipe hoofpyn kry. Dis gewoonlik soggens net nadat ek opgestaan het. Dit begin as 'n dowwe hoofpyn wat glad nie so erg is dat ek na pynstillers hoef te gryp nie. Gewoonlik begin my neus te bloei en daarna verander die pyn na 'n kloppende hoofpyn daarmee saam sukkel ek dan met naarheid en 'n gevoel van lusteloosheid Ek het gedink dat dit dalk my sinusse is of dalk 'n aartjie wat gebars het Ek kry migraines maar altyd met 'n aura wat my gewoonlik bed toe stuur. Is daar rede vir kommer? Ek is die afgelope twee jaar op Trepline 25 mg. Is dit dat dalk die medikasie?

Expert's Reply

A.

Headache expert
- 2019/04/17

Beste Bekommerd,

Medikasie is nie die antwoord nie, want as dit help, is dit net wanneer die pyn al klaar daar is. En in die geval van hoofpyn, veroorsaak die pynpille n toestand met die naam “terugslag hoofpyn”, waar die pille self die hoofpyn erger maak. Dit gebeur dikwels as die pynpille op n gereelde basis gebruik is. Dit klink nie asof die Trepiline werk nie - sou dit gewerk het dan sou jy geen hoofpyn gehad het. As dit nie werk nie dan is dit beter on dit te los.

Dit is belangrik dat u n mediese ondersoek deur deskundiges laat doen om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

 

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.theheadacheclinic.net

 

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 011 484 0933 (Johannesburg, Kaapstad).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.