advertisement

Headache

Question
Posted by: Caroline Peens | 2020/03/11

Q.

Baie erg hoofpyn, drink aanhoudend pyn stillers

As ek op my rug le, dan kry ek baie erg hoofpyn, van uit my nek, my skedel pyn, druking bo op my kop, langs my kop en kry ook oorpyn, en dan gaan dit in my gesig af, dit voel of my oe wil uit pop. Baie keer raak ek onsettend naar, en as ek so naar is moet ek kop vas hou so erg pyn my kop. So hoof pyn vat party keer 3 tot 5 dae voor hy op klaar. My oog visie word ook aan getas. help my asb, want ek was ook al by dr's en elke keer gee hul net medikasie en doen nie verdere onder soek nie. Ek is baie moedeloos al.

Expert's Reply

A.

Headache expert
- 2020/03/29

Beste Caroline,

Medikasie is nie die antwoord nie, want as dit help, is dit net wanneer die pyn al klaar daar is. En in die geval van hoofpyn, veroorsaak die pynpille n toestand met die naam “terugslag hoofpyn”, waar die pille self die hoofpyn erger maak. Dit gebeur dikwels as die pynpille op n gereelde basis gebruik is.

 

Dit is belangrik dat u n mediese ondersoek deur deskundiges laat doen om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

 

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.theheadacheclinic.net

 

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 011 484 0933 (Johannesburg, Kaapstad).

 


The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.