Share

Noodhulp: Epilepsie

Deur die Health24-span

’n Mens kan ongelooflik hulpeloos voel as jy sien hoe iemand skielik sy bewussyn verloor, begin ruk en spasmas ervaar. Bly kalm. Die meeste epileptiese aanvalle hou vanself op ná een of twee minute. Ons wys hoe jy kan help

  1. Sorg dat die pasiënt nie seerkry nie. Verwyder enige voorwerpe wat beserings kan veroorsaak. Sit ’n kussing onder sy kop as die oppervlak hard is en moet hom nie probeer stilhou nie.

  2. Draai die pasiënt op sy sy en sorg dat sy kop plat lê. Dit help om die speeksel te laat dreineer en keer dat hy nie in sy braaksel verstik nie.

  3. Wanneer die aanval begin – en net as jy weet hoe – plaas ’n lugweg- mondstuk, ’n opgestopte tongspaan of enige ander sagte voorwerp tussen sy tande. Moenie ’n harde voorwerp tussen die tande probeer indwing as sy kake reeds toe is nie, want sy tande of die voorwerp kan breek. Die gevaar is dat hy dalk die afgebreekte stukkies kan inasem.

  4. Bly by die pasiënt tot die aanval verby is en hy volkome herstel het. Hy sal heel moontlik ’n hele paar uur lank moeg voel. Spierpyn en hoofpyn kom ook gewoonlik voor.

Bel die nooddiens as . . .

  • Die pasiënt swanger, beseer of ’n diabeet is.

  • Die aanval langer as vyf minute duur of hy nie sy bewussyn tussen die aanvalle herwin nie. Die meeste aanvalle hou ná ’n minuut of twee vanself op en dan is geen spesifieke behandeling nodig nie.

  • Jy onseker is of die pasiënt wel met epilepsie gediagnoseer is.

  • Die pasiënt fisiek beseer is, tensy jy doodseker is dis net ’n klein stampie of skrapie.

  • lDie aanval in water gebeur het.

Bel die dokter as die pasiënt wel anti-epileptiese medisyne neem, maar sleg voel of nuwe newe-effekte ervaar.

Aanvalle sonder rukkings
Verwyder enige voorwerp wat kan skade aanrig en hou die pasiënt kalm tot die aanval verby is.

First Aid Centre

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE