Share

Hoe om ’n byeswerm te oorleef

Wat doen jy wanneer ’n swerm bye op pad is na jou toe?   

Gee pad

Bye wil nie regtig mense steek nie. As ’n by jou steek, maak dit hom per slot van sake dood. ’n Swerm bye, selfs al beweeg hulle in jou rigting, beteken nie altyd dat hulle agter jou aan is nie; miskien trek hulle net na ’n ander plek. Beweeg egter so gou as moontlik uit hulle pad, net om veilig te wees.  

Soek skuiling

Vind vinnig skuiling. ’n Gebou is die beste, maar as daar nie een is nie, klim in ’n motor of ’n tent of bedek jouself met ’n kombers of klerasie – veral blootgestelde vel. Jou gesig en oë is die belangrikste areas om te beskerm.

Wanneer jy vir ’n swerm bye weghardloop, probeer om in ’n reguit lyn te hardloop en bedek jou gesig so goed as moontlik.

Moet egter nie in ’n dam water spring nie, hoe groot die versoeking ook al mag wees. Die bye weet jy is daar en kan langer vir jou wag as wat jy jou asem kan ophou. 

Water kan egter in sproeivorm werk: as die bye jou aanval en jy het ’n tuinslang byderhand, spuit in hulle rigting. Maar doen dit net as daar geen ander opsie is nie; jy gaan heel moontlik nog steeds gesteek word. 

Moenie bye slaan nie!

Selfs as ’n swerm by jou verbyvlieg, bly kalm en staan stil. Moenie na die bye slaan of probeer om hulle met jou hande weg te “waai” nie. Dit kan hulle net aanmoedig om uit selfverdediging te steek. 

Daar is ongelukkig ’n feromonale kettingreaksie wat by bye plaasvind: wanneer een by steek, stel hy chemikalieë vry wat sy maats aanmoedig om te steek. Vir bye gaan dit oor die opoffering van die individu vir die beswil van die gemeenskap. 

Die hantering van bysteke

Sodra jy die hoofaanslag van die korf ontvlug het, raak so gou as moontlik van die angels ontslae. Moet egter nie probeer om hulle uit te trek nie, aangesien dit net sal veroorsaak dat daar meer gif in jou liggaam ingespuit word. Gebruik in plaas daarvan ’n implement soos ’n bottermes om hulle af te krap. 

Enigiemand wat veelvuldige bysteke opgedoen het, moet so gou as moontlik by ’n dokter uitkom. Tekens van ’n allergiese reaksie, bv. moeilike asemhaling, is ’n mediese noodgeval.

Hoe om die probleem in die eerste plek te vermy

Moenie bye pla nie. As jy ’n byekorf sien of hoor, bly weg. Wees versigtig wanneer jy kampeer of op ’n staptog is, dat jy nie per ongeluk in ’n byekorf vasloop nie. Moet nooit probeer om op jou eie ’n byekorf te verwyder nie – roep die hulp van ’n professionele byehanteerder in.  

Bye is aktiewer in warm weer, wees dus veral op jou hoede gedurende die somermaande. Hulle is ook gevoelig vir vibrasies – vermy dus enige aktiwiteite naby byekorwe wat hulle mag steur. 

-       Olivia Rose-Innes, EnviroHealth Redakteur, Health24, hersien Oktober 2010

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE