Share

Kleur, ’n fantastiese ligvertoning

accreditation
Colour Me Crazy

Alles rondom ons weerkaats lig op verskillende maniere. ’n Aarbei kaats lang golflengtes terug en word daarom as rooi gesien. Party dinge weerkaats alle lig en lyk wit. Voorwerpe wat alle lig absorbeer, lyk vir ons swart.

Party diere se helder kleure is waarskuwings. Die neongroen van ’n boompadda sê dis ’n gifding dié – moet hom nie eet nie. Die helder geel van ’n by sê jy moet oppas vir sy angel.

Wat sien diere?  

Jou hond of kat kan nie juis kleur sien nie, maar hulle het skerp oë wat van ver af beweging kan waarneem. Ape, voëls en insekte kan kleur baie beter sien. Kleur is vir dié diere belangrik omdat dit hulle help om te sien of vrugte ryp is of nie.  

Het jy geweet?

-          Om sekere soorte werk – soos dié van ’n vlieënier te doen, mag jy nie kleurblind wees nie.

-          Bye sien lig in ’n breër spektrum as ons. In ultravioletlig wat ons glad nie kan sien nie, sien bye baie meer fantastiese kleure en patrone op blomme. Dit sê vir hulle waar die stuifmeel en nektar is.  

-          Jy sien ’n reënboog wanneer die son van agter jou deur waterdruppeltjies in die lug skyn. Op aarde kan ons net ’n halwe kleursirkel sien maar vanuit die ruimte is daar al foto’s van volledige reënsirkels geneem.

Hoekom is die see blou?

Soos jy weet, het water geen spesifieke kleur nie; dit is deursigtig. Die see is blou omdat dit die kleur van die lug weerkaats. Dit is hoekom  die see se kleur op ’n bewolkte dag verander.

Kleurblind

Party mense is kleurblind. Dit beteken gewoonlik nie dat hulle die wêreld as swart-en-wit sien nie, net dat hulle nie die verskil tussen sekere kleure kan sien nie.

Die probleem is meer algemeen onder mans – een uit elke twaalf mans is kleurblind.

Sonder rooi: As die selle in jou oog nie lang golflengtes behoorlik kan opvang nie, sien jy nie die rooi in dinge raak nie. As jy byvoorbeeld nie die rooi kan sien wat deel uitmaak van die kleur pers nie, lyk pers vir jou meer na blou.

Sonder groen: As jou oog nie medium golflengtes opvang nie, kan jy nie die groen in voorwerpe sien nie. Dit kan dit vir jou moeilik maak om die verskil tussen geel en oranje waar te neem.

Sonder blou: As jou oog nie ingestel is op kort golflengtes nie, tel jy nie blou op nie – en ly jy aan ’n vorm van kleurblindheid wat baie min voorkom.

Daar is toetse om kleurblindheid vas te stel.

 

Deur Magriet Kruger

 

 

 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE