advertisement

Diabetes

Question
Posted by: Help | 2006/11/13

Q.

Fatty Liver

Wil graag meer inligting hê oor die bogenoemde. Fatty Liver is blykbaar een van die newe effekte van insulien weerstandigheid, en het ek gelees dat die skade wat veroorsaak is nie herstel kan word nie, en die prentjie op die langtermyn lyk nie so goed nie.
Wat moet mens doen om so gesond as moontlik te leef ?
Moet mens dan bv. rooivleis heeltemal uit mens se dieet uitsny en net soya en hoë vesel kosse eet ? Is maar baie onkundig oor die onderwerp, en daar is so baie sites op die web dat mens nie weet waar om te begin nie. Een van die newe effekte van Insuline W wat ook genoem word is "skin tags". Wat is dit ?

Baie dankie !

Expert's Reply

A.

Diabetes expert

Help, dit is korrek dat nie-alkoholiese vervetting van die lewer wel geassosieer is met tipe 2 diabetes en insulienweerstandigheid. Ten einde vas te stel of daar wel leweraantasting is, is sekere lewerfunksietoetse ten eerste nodig, indien abnormaliteite gevind word is dit soms nodig om 'n stukkie van die lewerweefsel te ondersoek ten einde die omvang van die probleem vas te stel. Ten einde aantasting te voorkom en ook om die toestand te hanteer indien aanwesig is om in die diabeet glukoses goed te beheer, gewig te verloor indien oormatig, meegaande cholesterol-abnormaliteite aan te spreek en gebruik te maak van middels om insulien-aksie te bevorder soos bv. Glucophage of Metformin. As jy hieroor bekommerd is, bespreek dit gerus met jou geneesheer.

Dieetaanpassings in die pasient met insulienweerstandigheid is soortgelyk aan die van 'n pasient met tipe 2 diabetes - beperk fyn suikers, beperk diervette wat cholesterol bevat o.a. rooivleis, suiwelprodukte ens.., verhoog veselinhoud, neem baie groen groentes en vrugte in moderasie.

In insulienweerstandige pasiente bly die vel sensitief vir die groei-effekte van insulien en insulien-groeifaktore. Skin tags is dan een van die manifestasies van oormatige insulien-groei-effekte op die vel - die algemeenste effek op die vel is die ontwikkeling van gepigmenteerde fluweel-agtige vel veral in die nek, oksels... bekend as acanthosis nigricans. Hoop die informasie help ietwat!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.