advertisement

Cancer

Question
Posted by: Lisette Swart | 2018/07/11

Q.

Bump on shoulder

Ek het ewe skielik 'n knop in my skouer ontdek en dit word groter en is seer en gevoelig my arm gaan ook dood, kry "pins en needles" Wat kan fout wees of dit veroorsaak

Expert's Reply

A.

Cancer expert
- 2018/07/12

Geagte Lisette, enige knop wat ‘skielik’ verskyn, is gewoonlik nie kwaadaardig nie. In die skouer-area is dit meestal ‘n sist of vetklier (lipoom). Wanneer ‘n mens drukking op ‘n lipoom plaas, voel dit gewoonlik sag en asof ‘n mens op ‘n klein hoeveelheid deeg druk. In jou geval veroorsaak hierdie ‘groeisel’ drukking op ‘n senuwee wat die arm voorsien, vandaar die “pins en needles” gevoel wat jy meld. Dit is heelwaarskynlik nie ‘n noodgeval nie, maar behoort nogtans so spoedig moontlik deur ‘n geneesheer gesien te word sodat effektiewe behandeling voorgeskryf kan word. (MCH).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.