Cancer

Question
Posted by: anoniem | 2018/01/16

Q.

help medical probleme

goeie dag, ek ondervind die laaste jaar al simptome van gewelde sweet a.g.v hitte aanvalle, dan kry ek skielik koud. Dan loop sweet my af. Ek sukkel ook met vel wat jeuk.Dr dink ek is allergies vir son strale. Maar het geen uitslag nie. Nou het ek geswelde kliere in nek wat 11x9.8mm was. Skielik is hul weg in my nek! Dan ondervind ek dat ek so lam gevoel kry in my arms en bene. Met bloedtoetse het ek infeksie telling van 200 gehad wat 30 moes wees. Dr's het al gese my rooibloed telling is laag. Maar ek kry geen behandeling nie. Dr reken ek ly aan depressie! Is ek besig om iewers iets mis te kyk?"

Expert's Reply

A.

Cancer expert
- 2018/01/19

Geagte Anoniem. Ek is jammer om van jou gesondheidsprobleme te verneem. Was u al by u dokter om vir hom/haar die geswelde kliere in u nek te wys? Indien nie, behoort u dit te doen. Geswelde kliere het ‘n rede – hulle swell nie sommer net omdat ‘n mens depressive het nie. Die dokter behoort u te verwys sodat ‘n biopsie van een van die kliere geneem kan word vir ontleding. Maak ‘n afspraak met u dokter – onthou dat u geregtig is daarop om vir ‘n tweede opinie te vra (MCH).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.