advertisement

Cancer

Question
Posted by: Piet | 2017/11/14

Q.

Maagseer en n brandgevoel byde kante van my maag

Hi.ek het 6 maande terug n maagseer gehaat. Ek was behanfel vir dit.nou onlangs het my maag begin borrel as ek klaar geeet het.en kante van my maag brand baie. My scrotum is ook nou en dan seer. Ek weet nie meer wat om te doen nie.ek is 30 jaar oud. Ek het ook baie slym in my keel. Baie dankie. Piet

Expert's Reply

A.

Cancer expert
- 2017/11/17

Beste Piet. My eerste vraag aan jou is: wanneer laas was jy by die geneesheer wat jou behandel het vir die maagseer wat jy gehad het? Dit is so belangrik dat ‘n mens opvolgondersoeke moet hê. Die feit dat jou maag borrel wanneer jy geëet het, is ‘n aanduiding dat alles dalk nie wel is nie. Jy sê dat jou maag ook brand – dit is ook nie normaal nie. My advies is dat jy onverwyld ‘n afspraak met jou geneesheer maak sodat die oorsaak gevind en behandel kan word voordat daar moontlik ernstige komplikasies intree. Verder sê jy dat jou skrotum nou en dan seer is – jy sê nie of dit die vel van jou skrotum is wat seer is en of dit dalk ‘n testikel is wat seer is nie. Dit is belangrik dat jy ‘n afspraak maak met jou geneesheer sodat ‘n deeglike ondersoek van jou skrotum en testikels gedoen kan word – jy val binne die ouderdomsgroep waar testikulêre kanker ‘n moontlikheid kan wees. Wat die slym in jou keel aan betref, moet jy dit ook aan die geneesheer noem wanneer jy vir jou afspraak gaan. (MCH).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.