advertisement

Cancer

Question
Posted by: | 2018/07/20

Q.

Cancer

Hi dr. Hoop u kan help. Ek was vir n ct scan wat gewys het ek het n vergroeisel op my cervix. Is toe gyni toe wat n ondersoek gedoen het en biopsie gevat het om weg te stuur om te kyk of dit kanker is. Volgens di gyni is di vergroeisel half aan die agterkant van my cervix en wat sigbaar is in my vagina waar hy sit lyk soos bloedblase. Se ook is ni seker of dit van my cervix kom nie want hy voel normaal en sag. Het vir my gese dit lyk nie goed nie en ek moet myself voorberei vir die ergste. So my vraag is, kan mens se dis kan oor hoe dit lyk? Wat kan dit moontlik wees indien dit nie kanker is nie. Baie dankie vir u hulp.

Expert's Reply

A.

Cancer expert
- 2018/07/20

Beste Naamloos, jammer om te verneem van jou ongesteldheid. Dit is belangrik om te onthou dat 'n ginekoloog baie jare van opleiding ondergaan en hulle sien ook daagliks pasiënte. Die meeste ginekoloë weet hoe die verskillende siektetoestande lyk en gebruik 'n biopsie om die diagnose te bevestig. Dit wil daarom vir my voorkom asof jy jouself moet voorberei op 'n diagnose wat 'n mens nie graag wil ontvang nie. Die belangrike ding is om te onthou dat jy in goeie hande is en dat die ginekoloog alles in sy/haar vermoë sal doen om jou deur hierdie fase te help. Luister na die ginekoloog se advies en volg sy/haar advies. Sterkte vorentoe. (MCH).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.