advertisement

Cancer

Question
Posted by: Japie | 2019/07/24

Q.

kanker sonder biopsie

As x strale n letsel op n pasiënt wat prostaatkanker het se rugwerwel  wys, kan dit  verseker as kanker aanvaar word sonder n biopsie? Die dokters wil dadelik bestraling gee en aanvaar dit is kanker. Daar is geen biopsie of verdere ondersoeke gedoen nie. Die PSA was voor behandeling 10,5. Dankie by voorbaat

Expert's Reply

A.

Cancer expert
- 2019/07/25

Beste Japie
Dankie vir jou skrywe. Dit is nooit aangenaam om die "K" woord te hoor nie. Ek is oortuig daarvan dat die persoon wat jou X-strale gelees het, 'n Radioloog was (dit is 'n person wat gespesialiseer het in die lees van X-strale en ander soortrgelyke toetse). Die normale PSA word gewoonlik gestel op 'n lesing van minder as 4. 'n Hoër lesing dui nie noodwendig op kanker nie, maar toon dat daar aandag aan die prostaat gegee moet word. Ongelukkig weet ek nie wat jou ouderdom is nie, aangesien ouderdom ook 'n rol kan speel in 'n mens se PSA-lesing. Verder is ek oortuig dat daar ander tekens en simptome was wat in ag geneem is, voordat 'n kankerdiagnose gemaak is. 'n Mens moet ook kennis neem dat daar dikwels komplikasies (ontsteking) kan intree met die neem van 'n biopsie van die prostaat. Indien dit per perineum gedoen word, kan dit ook baie ongemaklik wees. Verder wil ek graag noem dat jy geregtig is op 'n tweede opinie, indien jy onseker voel oor enige aspek van jou diagnose of behandeling. (MCH).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.