Voeding
Neem jy ysteraanvullings? Hier is wat jy moet weet
- Moet nooit ysteraanvullings neem tensy jou dokter sê jy het dit nodig nie, veral nie as jy aan ’n chroniese toestand ly nie, en selfs al is jy swanger.
- Vra jou dokter of ’n ysterpil veilig is as jy ander medisyne drink – ysteraanvullings reageer met veral teensuurmiddels, anti-inflammatoriese pyndoders, antibiotika en kalsium.
- Selfs ’n normale dosis kan jou maag omkrap, jou stoelgang laat verander en hardlywigheid veroorsaak.
Bonuswenke
- Hoe weet jy jy het ’n ystertekort? Swak skoolprestasie, gereelde infeksies, aptytverlies, bleekheid, naels wat maklik breek, ’n gladde rooi tong, haarverlies en kortasemheid is simptome.
- Drink jou ysteraanvulling met ’n vol glas water of kos.
(Huisgenootbrokkies)