Share

Woede ’n goeie motiveerder

Woede kan ’n sterk motiverende faktor wees wat ’n mens se begeerte om dinge te kry of doelwitte te bereik, verhoog.

Alhoewel woede gewoonlik as ’n negatiewe emosie beskou word, aktiveer dit ’n area aan die linkerkant van die brein wat met heelwat positiewe emosies geassosieer word. En soos positiewe emosies, kan woede mense ook aandryf om iets ná te jaag, het navorsers aan die Universiteit van Utrecht in Nederland verduidelik.

"Mense raak gemotiveer om iets te doen of ’n sekere doelwit in die lewe te bereik omdat dit met ’n beloning geassosieer word. Dit beteken gewoonlik dat die doelwit positief is, en dat dit ’n mens gelukkig maak,” sê hoofskrywer Henk Aarts in ’n persvrystelling deur die Association for Psychological Science.

Die studie

Aarts en sy kollegas het navorsing gedoen oor of dit ook van toepassing op woede en die begeerte vir dinge is. Algemene objekte soos ’n beker of ’n pen is aan deelnemers op ’n rekenaarskerm gewys. Hulle was egter nie bewus dat net vóór elke voorwerp op die skerm verskyn het, daar blitsvinnig ’n kwaai, bang of neutrale gesig gewys is nie.

Hierdie subliminale beelde het ’n emosie aan elke objek gekoppel.

Die deelnemers moes ’n hand-sensor druk om die voorwerp wat hulle wou hê, te kry, en diegene wat die hardste gedruk het, het die beste kans gehad om dit te kry. Die studie het bevind dat die deelnemers meer druk uitgeoefen het om die voorwerpe wat met kwaai gesigte geassosieer is, te kry. 

Hierdie bevinding maak sin in terme van die menslike evolusie, sê Aarts. Byvoorbeeld, in situasies waar daar ’n beperkte voorraad kos is, het mense wat kos met woede assosieer en aggressief word om die kos te kry, die beste kans op oorlewing. 

"As die kos jou nie kwaad maak, of geen aggressie in jou liggaam produseer nie, mag jy honger ly en die stryd verloor,” verduidelik Aarts. 

Die studie is aanlyn vrygestel en in die joernaal Psychological Science gepubliseer.


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.)

- (Health24, November 2010)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE