Gesonde maag
Tem die windjies so
- Vermy suiwelprodukte ’n week lank om vas te stel of jou winderigheid veroorsaak word deur ’n laktose-intoleransie. Bly ook weg van ryk kos, borreldrankies en bier.
- ’n Proteïenryke dieet – veral met baie vleis – kan windjies sleg laat ruik, maar gesels eers met ’n voedingkundige voor jy minder proteïene begin eet.
- Vermy bone, kool, Brusselse spruite, blomkool, broccoli, rape, komkommers, radyse, uie en spanspek. Eet meer spinasie.
Bonuswenke
- As winderigheid gepaardgaan met ander simptome soos diarree, maagpyn of opgeblaasdheid kan dit op dikdermontsteking of ander dikdermprobleme dui. Gaan spreek jou dokter.
- Vesel is die hoofoorsaak van winderigheid; winderigheid is dus dikwels ’n teken van goeie gesondheid!
(Huisgenootbrokkies)