Share

Wil jy 'n vleiskombers wees?

Het jy al ooit op 'n yskoue wintersaand stilletjies 'n groep vroue afgeluister terwyl hulle lekker sit en skinder.

Dit is hoe ek 'n interessante vrouegeheim ontdek het, wat ek as my dure plig beskou om met ander mans te deel. Hoofsaaklik omdat dit 'n goeie ding is om te onthou wanneer die vroue in jou lewe so tekere gaan oor jou ontoereikende emosionele ontwikkeling – maar ook omdat hierdie inligting handig te pas kan kom.

So wat is hierdie groot geheim? In 'n neutedop: gedurende die winter is meisies se standaarde wat mans betref laer.

Volgens die vrolike groep Martini-drinkers in ons kombuis die ander aand is die winter die beste tyd van die jaar om vir jou – wag net hiervoor – 'n vleiskombers te kry.

Ja ouens, dit is die term wat vroue gebruik om ons te beskryf wanneer ons nie binne hoofafstand is nie (of in my geval wanneer hulle dink jy's te verdiep in die rugbywedstryd op die TV om te kan hoor wat hulle sê). Vleiskombers nogal!

Julle glo my nie? Gaan kyk 'n bietjie na die ongetroude vrouens wat jy op Facebook ken. Ek waarborg jou dat hulle verhouding-status op hierdie stadium vinniger as wat jy Glühwein kan sê van 'Dit is gekompliseerd' tot 'In 'n Verhouding' verander. Dit is blykbaar die norm om doodtevrede te wees met 'die man van die oomblik' wanneer 'n vrou iemand nodig het om saam met haar voor die TV op te krul, maar wanneer die son 'n paar maande later skyn en sy is mooi bruingebrand, verhoog sy haar standaarde en haar winter-sleepsel is ewe skielik nie meer goed genoeg nie.

Snork jy van verontwaardiging? Doen dit gerus, maar as jy oor die skok gekom het, besef dat jy die beste van die saak kan maak. Daar is vir ons mans wat nie soos die spreekwoordelike Griekse god lyk nie geen beter tyd van die jaar om 'n bietjie aksie in te palm nie.

As jy mooi daaroor dink, ’n vrou se vleiskombers in die winter is 'n man se voet in die deur. Wanneer julle lekker snoesig saam voor die vuur op die rusbank lê en met 'n glasie wyn in die hand DVD's kyk, is dit 'n gulde geleentheid vir jou om oor te leun... en haar vuurwarm te vry. En as jy eers jou soen-tegniek perfek onder die knie gekry het, is daar geen rede hoekom jy nie na meer gevorderde tegnieke kan vorder nie.

En wanneer die lente aanbreek en die skaapboud plek maak vir slaai, en die rusbank vir die gym, mag jy dalk net vind dat sy nie meer lus het om verder na 'n Griekse god te soek nie, en dat haar gemaklike vleiskombers eintlik heel goed aan al haar behoeftes voldoen. Miskien is dat wat jy ook wil hê, en miskien nie. Dis jou keuse, en wat jy ook al besluit – sterkte!

(Andrew Luyt, Health24, June 2011)

Lees verder:
Die maagdevlies – mite of mediese feit?
Grotbewoner-seks
Oogpunt: die moets en moenies van kondome

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE