Share

Wat skuil alles in 'n enkele druppel bloed?

Wel, om mee te begin: vyf miljoen rooibloedselle, 10 000 witbloedselle (méér as daar 'n hardnekkige ontsteking is) en 250 000 selfragmente wat bloedplaatjies genoem word...

En ál hierdie miljoene selle maak saam maar die helfte van die volume van 'n piepklein druppeltjie uit. Die ander helfte is plasma, 'n taaierige stof wat uit 95% water en 5% voedingstowwe, proteïene en hormone bestaan.

Dis duidelik dat daar oneindig meer in 'n druppeltjie bloed aangaan as wat 'n mens jou kan indink. Om die waarheid te sê, dié wonderbestanddeel van ons liggaam is veelsydiger as 'n Switserse weermagknipmes en voer 'n hele rits uiteenlopende take uit terwyl dit deur die bloedvate beweeg.

Dit voed en maak skoon, verwyder afvalprodukte en beskerm die liggaam teen indringers. Dis ook die enigste element wat met al die verskillende weefsels in die liggaam in aanraking kom en hulle in staat stel om met mekaar te kommunikeer. Jy kan dit beskou as 'n besonder doeltreffende netwerk met meer as 100 triljoen verskillende gebruikers in die vorm van liggaamselle.

 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE