Diagnose van katarakte
Die diagnosering van katarakte berus gewoonlik op ‘n oogondersoek asook ‘n studie van die persoon se mediese geskiedenis. ‘n Deel van die ondersoek is ook daarop gemoek om die moontlikheid van ander oogprobleme uit te skakel.
Verskeie ondersoeke, wat onder andere toetse behels wat ligsensitiwiteit, nagvisie, kleurpersepsie, kan met die diagnose help.
Tydens die ondersoek kan ‘n oogkundige die vorm, die groote en die algemene toestand van die oog ondersoek om te bepaal of ‘n lensinplanting effektief sal wees.