Ouer word
Natuurlike raad vir warm gloede
- Bly koel. Hou ’n waaier byderhand. Dra ligte stowwe en trek in lae aan sodat jy maklik kan uittrek. Maak snags jou nagklere klam as jy ’n gloed kry.
- Haal diep en stadig deur jou maag asem (ses tot agt asemteue per minuut). Doen dit 15 minute soggens,15 minute saans en sodra ’n warm gloed begin.
- Kry elke dag oefening om jou hormone te stabiliseer en slapeloosheid te vermy.
Bonuswenke
- Vermy stres, kafeïen, alkohol, gekruide kos, stywe klere, hitte en sigaretrook – dit kan alles ‘n warm gloed aan die gang sit. Koue water help weer vir gloede.
- Spring onder die stort in as ’n warm gloed jou tref.
(Huisgenootbrokkies)