Share

Vuilheid miskien nie so sleg

Party deskundiges meen dat die liggaam moet leer om met kieme saam te werk om gesondheidsprobleme te hanteer. Goeie higiëne het egter volgens die US Centres for Disease Control and Prevention al miljoene lewens gered en mense teen tallose bakteriële en virale besmettings beskerm.

Maar daar is toenemende kommer dat streng toepassing van goeie higiëne, alhoewel dit ’n waardevolle manier is om gesondheid te beskerm, mense weerloos laat teen ander siektetoestande.

Voorstaanders van hierdie idee glo dat verminderde blootstelling aan bakterieë, virusse en parasiete die immuunstelsel se vermoë om effektief op omgewings-uitdagings te reageer, verlaag het.

Higiëne veroorsaak mediese probleme

Navorsers het die higiëne-hipotese as 'n moontlike oorsaak of verergende faktor in 'n aantal siektes en mediese probleme geïdentifiseer, sê Dr. Graham A.W. Rook, 'n professor in die departement van besmetting van die Centre for Clinical Microbiology aan die University College in Londen. Dit sluit in:

•             Ernstige allergiese afwykings.

•             Gastro-intestinale afwykings soos inflammatoriese dermsiekte en Chrohn se siekte. 

•             Outo-immune afwykings soos tipe 1 diabetes en veelvuldige sklerose.  

"Die bewyse hiervoor is baie, baie oortuigend," sê Rook. "Dit is baie maklik om te bewys dat as jy op 'n plaas woon of 'n hond aanhou, die waarskynlikheid dat jy aan hierdie afwykings mag ly, kleiner is. As jy die jongste kind in 'n groot familie is, is dieselfde van toepassing."

Die higiëne-hipotese het sy wortels in die teorie van evolusie, sê hy.

Organismes lei die immuunstelsel op

"Die basiese feit is dat organismes in modder, ongesuiwerde water en feses vanaf die begin van die mensdom deel van ons bestaan was," verduidelik Rook. Voorstanders van die higiëne-hipotese glo dat die menslike liggaam by hierdie organismes aangepas het en hulle as 'n manier om die immuunstelsel op te lei, begin gebruik het.

"In die proses van evolusie, omdat die liggaam noodgedwonge met hierdie organismes moes saamleef, het hulle die moderators van die immuunstelsel geword," sê Rook. "Hulle is die 'polisie' wat verhinder dat die immuunstelsel ooraktief raak en onnodige dinge aanval."

Dr. Mitchell H. Grayson, 'n medeprofessor van pediatrie by die Medical College of Wisconsin in Milwaukee, sê dat die higiëne-hipotese baie sterk aan ’n toename in allergiese siektes en asma gekoppel word.

Parasiete kan sklerose verlig

"Daar word vermoed dat dit iets te doen het met die manier hoe ons immuunstelsel ontwikkel en geprogrammeer is," sê Grayson. Bakterieë in die omgewing gee aanleiding tot die ontwikkeling van 'n minder intense immuunreaksie op allergene. "Wanneer hierdie bakterieë nie teenwoordig is nie, word die immuunstelsel meer vatbaar vir allergiese siektes," sê hy.

Rook sê dat ander navorsers die higiëne-hipotese gebruik het om te demonstreer dat parasiet-besmettings kan help met die behandeling van toestande soos veelvuldige sklerose en Chrohn se siekte.

Argentynse navorsers het byvoorbeeld getoon dat die teenwoordigheid van interne parasiete die ontwikkeling van veelvuldige sklerose kan vertraag. Opvolg-studies het aangedui dat wanneer mense vir hierdie parasiet-besmetting behandel is, hulle 'n terugslag gehad het.

'n Navorsingspan van die Universiteit van Iowa het soortgelyke resultate in die geval van Chrohn se siekte gevind, wat toon dat intestinale parasiete help om die outo-immune reaksie wat die interne afwyking veroorsaak, te beheer. 

Aanvaar 'n bietjie vuilheid

Sulke onthullings bevat ook sekere risiko's. Dokters is besorg dat party mense die higiëne-hipotese as 'n verskoning mag gebruik om goeie higiëne heeltemal oor boord te gooi, wat 'n oplewing van siektes soos disenterie en cholera kan veroorsaak.

"Openbare gesondheid en sanitasie is die enkele grootste oorsaak van die verhoging van ons lewensverwagting", sê Grayson. "Ek sou mense nie aanraai om minder skoon te lewe nie."

Aan die ander kant, is dit miskien goed om nie te bekommerd te wees oor ’n bietjie vuilheid hier en daar nie.

Vuil hande nie so erg

"As jou kinders van die tuin af inkom met 'n bietjie modder aan hulle hande is dit nie so erg nie," sê Rook. "Hulle hoef nie noodwendig hulle hande te was voor hulle 'n toebroodjie eet nie."

Dit is egter oor die algemeen 'n goeie idee om intussen goeie algemene higiëne te handhaaf en te wag tot die wetenskaplikes alles uitgesorteer het. Groter studies vind tans plaas om die presiese manier vas te stel hoe bakterieë en parasiete die immuunstelsel help om sy reaksie te modereer, sê Rook.

"Ons moet uitwerk om dít wat goed is uit die mikrobiologiese omgewing te vervang en ter selfder tyd die voordele van goeie higiëne te behou," voeg Rook by.

(HealthDay News, September 2011)

Lees verder:
Higiëne
Vuilheid

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE