Share

Vroeë tekens van Parkinson se siekte

Parkinson se siekte word oor die algemeen met bewerigheid verbind, maar die simptome hieronder kan dikwels al sewe tot 12 jaar voor die eerste bewegingsimptome verskyn.

  • Verlies aan reuksin. "Ek kan nie meer my rose ruik nie."
  • Veranderde kleurvisie. "Kleure lyk nou helderder as 'n jaar gelede."
  • Verlies van die beskermende spierverlamming wat plaasvind wanneer 'n mens droom sodat jy jou nie beseer nie. "Ek is vol kneusplekke wanneer ek wakker word."
  • Pyn, gewoonlik eers aan een kant van die liggaam. "My arm pyn vreeslik."
  • Depressie en/of angstigheid. "Alles word vir my te veel. My gemoed en persoonlikheid verander sonder enige rede."
  • Hardlywigheid. "Ek moet uit die bloute medisyne vir hardlywigheid begin drink."

 Verskeie studies is aan die gang om vas te stel of vroeë behandeling die verloop van die siekte kan vertraag.

 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE