Share

Vrees vir goggas word aangeleer

Volgens ’n nuwe studie word babas nie met ’n vrees vir slange en spinnekoppe gebore nie, maar leer hierdie vrese baie vinnig aan.

In een eksperiment van die studie het die navorsers twee video’s langs mekaar aan kinders van so jonk as sewe maande gewys. Die een video het ’n slang gewys en die ander een iets nie-bedreigend soos ’n olifant. Tegelykertyd is daar ’n opname van óf ’n gelukkige óf ’n bang stem aan die kinders gespeel. 

Die navorsers berig dat die babas langer na die slang-video gekyk het wanneer hulle ’n bang stem gehoor het, maar dat hulle self geen teken van vrees getoon het nie. 

Vrees vir spinnekoppe ’n aangeleerde reaksie

In ’n ander eksperiment is daar aan drie-jaar-oue kleuters ’n skerm met nege foto’s gewys en hulle is gevra om ’n spesifieke item te identifiseer. Die kinders het slange vinniger as blomme geïdentifiseer, en ook vinniger as ander diere wat baie soos slange lyk, bv. paddas en ruspes.   

Kinders wat bang vir slange was, het slange net so vinnig geïdentifiseer soos kinders wat nie daardie vrees gehad het nie.

"Wat ons wil sê is dat ons ’n aangebore neiging het om goed soos slange en spinnekoppe vinnig te herken en hulle met negatiewe dinge soos ’n bang stem te assosieer,” sê navorser Vanessa LoBue, van Rutgers University in ’n nuusvrystelling deur die Association for Psychological Science. Die studie is in die vereniging se joernaal Current Directions in Psychological Science gepubliseer.

LoBue sê dat vroeëre navorsing getoon het dat volwassenes vinnig die verskil tussen gevaarlike en minder gevaarlike diere besef. Die nuwe studie bevestig dat kinders dit ook doen, maar dat dit ’n aangeleerde en nie ’n aangebore reaksie is nie.    


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.)   

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE