Share

Vratte

Vratte is velgroeisels wat deur 'n virus veroorsaak word en daar is verskeie soorte. Die algemene soort wat op die gesig, hande, voete en ander plekke voorkom, het 'n opgehewe, growwe oppervlak. Gladde vratte (verruca plana) is net effens opgehewe.

Die lastigste vratte is soolvratte op die voetsole, want die liggaam se gewig kan die vrat in die voetsool indruk.

Behandeling: Onbehandelde vratte verdwyn gewoonlik met verloop van tyd omdat die liggaam se immuunstelsel die virus vernietig. As die vratte jou pla, kan jy self die probleem probeer oplos, maar moenie met vratte op jou gesig peuter nie. Die eenvoudigste is om 'n doodgewone pleister op te plak wat daagliks omgeruil moet word.

Dit kan tot drie weke duur voor die vrat kleiner word en verdwyn. As dit nie werk nie, kan jy vratverf aanwend wat by apteke beskikbaar is. Volg die aanwysings getrou.

'n Mens kan 'n soolvrat behandel deur eers die growwe vel met 'n puimsteen af te skuur en dan 'n salisielsuurpleister, bekend as 'n vratpleister, op te plak. Die pleister moet elke dag omgeruil word.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE